Elana's

Elana's Good quality products at affordable prices. Our products are home made and as far as possible produced from local raw materials

17/06/2026

Sweet, juicy, and packed with flavour!

Bring the taste of tradition to your table with Elana's Guava Halves - carefully prepared to deliver the delicious, naturally sweet flavour you know and love.

Perfect for desserts, baking, fruit salads, or simply enjoyed on their own. ❤️

Visit Elana's and stock up on this pantry favourite today!

📍 Fresh quality, proudly South African!

16/06/2026
11/06/2026

Julle kyk gou gou...

05/06/2026

Lyk lekker né! Nou beskikbaar by ons winkeltjie of aanlyn! Moet dit nie mis nie😁

01/06/2026

Kan nie glo die tyd het so gevlieg! Al weer 'n jaar later. Elana"s se inskrywings is in en nou wag ons vir die beoordeling.

25/05/2026

Daai warm geur van varsgebakte wortelkoek… nou in ’n heerlike crunchy beskuit 🤎🥕☕

By Elana’s word elke Wortelkoek Beskuit met die hand gemaak - van die meng van vars bestanddele tot die stadig uitdroog vir daai perfekte crunch waarvan almal hou.

Soet, crunchy en perfek saam met ’n warm koppie koffie ☕✨
Een happie… en jy gaan nóg wil hê.

Kom proe self hoekom almal mal raak oor Elana’s se tuisgemaakte beskuit 😍

22/05/2026

In 2008 het ons plaas ook erg deurgeloop onder 'n vloed. Jaco het 'n bybel opgetel in een van sy perskeboorde. Dit was oop by Jesaja 44:3. ("Want Ek sal water giet op die dorsland en strome op die droë grond; Ek sal my Gees op jou nageslag uitstort en my seën op jou nageslag."). Ons het die bybel laat raam en dit hang in ons braaikamer vir my familie as 'n geloofs monument.

Toe ons maandag 11 Mei die nuus kry van die BAIE water wat aankom het ek gepleit by God dat Hy sy engele sal stuur om ons walle te bewaar. Want enige boer langs 'n rivier sal vir jou sê "As jou walle wegspoel is jou grond rivier af!". Oor die laaste paar jaar het Jaco baie vragte rotse en klip ingery om die walle te versterk.

En toe kom die water ... hoër as die 100 jaar vloedlyn, baie vinniger as vorige jare. Ons riviergrond word deel van die rivier se vloei en waar daar gister nog boorde was is daar nou net water. Ons kele trek toe, emosies loop hoog en trane begin vloei. Is ons boorde weg? Ons sien niks!

Na 2 dae begin die rivier kalmeer. Ons trek ons waterskoene aan en durf die modder aan. Die boorde en wingerde is erg verniel. Dele is plat gevee. Dis ashope van opdrifsels. Bome, takke, bure se suurlemoene, karavane en selfs bote. MAAR ons WALLE het gehou..ons grond is nog hier.

Ons dien 'n getroue God en my boerman kan opruim en weer begin opbou.

Address

Silwerstrand Road
Robertson

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:30 - 13:00

Telephone

023 626 4985

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Elana's posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Elana's:

Share