07/06/2026
Die Beervleidam is nou 128%+ vol en loop met mening oor. Die Soutrivier se water het ook seker nou al die watermassa ontmoet. Die Kariga wat oor die plaas loop, loop steeds kant aan wal. Hy is nou binne sy walle maar loop baie sterk. Nou stoot die dam se water terug in beide riviere en maak omtrent 'n vloedvlakte in die aangrensende kampe. Dit is so 5 van ons boere, aangrensend aan die dam, wat nou 'n vloedvlakte op 'n gedeelte van hul plase het!! D**k die doringbome juig. Na hierdie waters afgeloop het, begin die
groot werk met drade fix, nuwe lyndrade, nuwe matte en vee bymekaar maak en tel. "Ons sal die swaarkry met lekkerkry klaarkry" Mooi week vir elk van jul.