23/10/2026
Daar is oomblikke waar die woord TROTS eenvoudig nie groot genoeg voel om te beskryf wat in jou hart aangaan nie!! ❤️🥹
Om jou man sy hart, siel, tyd en alles wat hy het in iets te sien insit waarin hy glo, en dan te sien hoe daardie harde werk erkenning kry, is iets besonders.
Top 5 in die AfriForum Entrepreneur van die Jaar-toekennings! 🏆❤️ Soos in WOW!!
My hart wil bars van trots. Nie net oor hierdie ongelooflike prestasie nie, maar oor die man agter dit alles. Ek sien die lang ure, die opofferings, die deursettingsvermoë, die geloof en die vasbyt wanneer dinge nie maklik is nie. Ek sien die passie waarmee jy aanhou bou, selfs wanneer die pad vorentoe nie altyd duidelik is nie.
Ek weet hoeveel van jouself jy in jou drome, ons besigheid en jou mense insit. En dit maak hierdie oomblik vir my soveel meer besonders.
Hanroe Erasmus ek hoop jy besef hoe ongelooflik jy is. Ek is só trots op jou, op dit wat jy bou, en op die man wat jy elke dag is.
Wat ’n voorreg om langs jou te mag staan, jou aan te moedig, saam met jou deur die moeilike dae te stap en saam met jou hierdie hoogtepunte te vier❤️
Ek glo met my hele hart dat God nog soveel mooi dinge vir jou en vir ons pad saam beplan. Hierdie is nog maar net ’n hoofstuk in die storie wat Hy besig is om te skryf. 🙏🏻
Jy verdien hierdie oomblik, en ek hoop jy staan vandag ’n bietjie terug en besef hoe ver jy al gekom het. Top 5 is ‘n wonderlike prestasie!!
Ek sal altyd jou grootste ondersteuner en cheerleader wees ❤️🏆
Wat ‘n eer om saam met jou te droom, te bou, te baklei vir dit waarin ons glo, en God se pad saam met jou te stap!! ❤️