02/04/2026
Ons het die laaste tyd โn paar vrae gekry oor ons OUD vleis, so kom ek verduidelik gou!
* Wat is Dry Aged vleis?
Dry Aging is die tradisionele manier om vleis te verouder om โn buitengewone sagte tekstuur en intense geur te ontwikkel. Die vleis word vir โn sekere tydperk in โn beheerde omgewing gehou waar temperatuur, humiditeit en lugkwaliteit perfek bestuur word. In plaas daarvan om in โn plastieksak te lรช, kan die vleis asemhaal โ en dit ontwikkel daardie unieke, ryk smaak waarvoor Dry Aged vleis bekend is.
*Ons gebruik top gehalte tegnologie om dit reg te doen. Ons werk met โn Dry Ager masjien wat spesifiek ontwerp is om die perfekte omgewing vir Dry Aging te skep.
*Ons masjien staan in Ruan Roets se pragtige, netjiese en skoon slaghuis by Rumar vleis , in dieselfde gebou as sy ander besigheid Weskus MARK in Vredenburg.
*Ons gebruik net die beste gehalte vleis.
Die vleis is beskikbaar in die winkel, ons lewer ook af, en vooraf bestellings is altyd welkom.
As jy nog nie Dry Aged vleis probeer het nieโฆ nou is die tyd!
As julle nog vrae het, gooi gerus 'n comment!