27/10/2026
Min tyd vir kosmaak? Ons het 'n plan vir vanaand se aandete!
Goede Hoop se klaarvoorbereide frikkadelle maak aandete sommer maklik. Voeg net 'n lekker kerriesous by en jy het in 'n japtrap 'n heerlike bord kos op die tafel.
SĂł maak jy:
1. Plaas die frikkadelle in 'n oondbak, voeg ½ koppie koue water by en bak vir 15 minute.
2. Braai 'n ui in 'n bietjie olie tot sag. Voeg 2 teel. kerriepoeier, 1 teel. borrie, 1 teel. knoffelvlokkies en 1 teel. fyn koljander by en braai vir nog 'n minuut.
3. Haal van die hitte af en roer sout, witpeper, ÂĽ koppie appelkooskonfyt of blatjang, ÂĽ koppie asyn en 2 teel mielieblom, opgelos in 'n bietjie koue water, by.
4. Bring die sous tot kookpunt en giet oor die frikkadelle. Voeg gerus 'n gesnyde piesang of twee by as jy daarvan hou.
5. Bak vir nog 10 minute tot die sous lekker borrel en die frikkadelle bo-op bruin is.
6. Bedien met rys en aandete is uitgesorteer!
Kry jou klaarvoorbereide frikkadelle by Goede Hoop Slaghuis, 53 Hoofstraat, Paarl.